Quantcast
Channel: Kosnuus – Goeie Huishouding
Viewing all 137 articles
Browse latest View live

Kos-en-wynkombinasies vir ’n Vrydagaand

$
0
0
  • Zonnebloem Laureat 2012, R95

    GAAN GOED SAAM MET: Osso bucco, gebraaide wildsvleis, lamsbredie en oondstoofgeregte. Vir vegetariërs, probeer truffel-en-sampioenrisotto en kase met ’n sterk geur.

    PROBEER DIT MET GH SE RESEP: Sampioen-en-tweegraan-risotto

  • L’Avenir Single Block Chenin Blanc 2014, R180

    GAAN GOED SAAM MET: Pikante seekosgeregte soos paella.

    PROBEER DIT MET GH SE RESEP: Paella met reuse-koeskoes

  • Obikwa Cabernet Sauvignon, R30

    GAAN GOED SAAM MET: Burgers met gevlokte beesvleis.

    PROBEER DIT MET GH SE RESEP: Laevet-lensie-en-biefburgers

  • Nitída The Wild Child Sauvignon Blanc 2014, R135

    GAAN GOED SAAM MET: ’n Verskeidenheid kase, piekels, blatjang en stukkonfyt met varsgebakte brood, opgerolde varklies met botterskorsiefondant en rooi-soetrissie-compote, gemarineerde aarbeie met suurlemoen-bavarois en swart-olyf-karamel, oesters of salm-tian.

    PROBEER DIT MET GH SE RESEP: Gerookte-salm-en-tamatie-tartines

  • Muratie George Paul Canitz Pinot Noir 2012, R180

    GAAN GOED SAAM MET: Omdat dit ’n ryk, verwarmende wyn is, werk dit goed saam met wildsvleis of ’n sterk gegeurde sampioenrisotto.

    PROBEER DIT MET GH SE RESEP: Tami se romerige biltongsop

The post Kos-en-wynkombinasies vir ’n Vrydagaand appeared first on Goeie Huishouding.


5 planne met blomkool

Glutenvrye soufflé-kaaskoek met net 3 bestanddele

’n Nuwe seisoen van Chopped South Africa is hier

$
0
0

Chopped South Africa is ’n kookkompetisie waar dinge in ’n vinnige pas gebeur en waar sjefs se vaardighede, spoed en vernuf getoets word terwyl hulle teen mekaar én die horlosie meeding.

Hul uitdaging is om ’n uitsonderlike driegangmaaltyd van gewone, basiese bestanddele, asook van ’n sonderlinge kombinasie van bestanddele te berei om die beoordelaars se guns te wen. Daar is baie op die spel; almal wil met die wentitel wegstap en natuurlik ook die aanloklike prysgeld van R40 000.

Agter die gevreesde kapblok sit drie kundige, bobaas-beoordelaars: Jenny Morris, Siba Mtongana en David van Staden. (Rebecca Hurst en Lindsay Venn is gasbeoordelaars).

Sjef Enrico Grobbelaar was verlede week se wenner van die eerste episode van die nuwe reeks. “Maak nie saak hoe ervare jy is nie, wanneer daar 10 of 11 kameras of jou gerig is, is dit ’n totaal ander speletjie,” vertel Grobbelaar van sy Chopped-ervaring.

WANNEER?

Soos die aanbieder, Denvor Phokaners, sou vra: ‘Wie gaan na die eindronde deurdring?’ Die antwoord is op Chopped South Africa! Kry jou weeklikse Chopped South Africa-inspuiting deur elke weeksaand om 20:00 op DStv se Kanaal 175 in te skakel.

 

WEN!

Food Network SA vier die splinternuwe episodes van Chopped South Africa deur ’n R1 000-geskenkbewys van Heinz en Wellington se souse weg te gee!

 

Skryf hier in vir die gelukstrekking: http://ow.ly/QdpJI

The post ’n Nuwe seisoen van Chopped South Africa is hier appeared first on Goeie Huishouding.

Wonderlike kos vir ’n wonderlike saak!

$
0
0

HQ charity dinner_afr&eng_7.8_paula

Die restaurant HQ bied op 12 Augustus 2015 hul tweede jaarlikse liefdadigheidsdinee aan. Verlede jaar het hulle meer as R60 000 ingesamel in samewerking met die Dare To Share-stigting (www.daretoshare.co.za), wat meer as 120 000 maaltye en bykans 16 000 komberse aan mense in nood kon gee.

Altesame 60% van elke kaartjie gaan aan ’n welverdiende saak en die drie hoofliefdadigheidsorganisasies wat vanjaar daarby sal baat vind, is die Boucher Safe House, die Malachi Safe Houe en Little Brinks.

Gaste sal ’n welkomdrankie en ’n aperitief geniet, gevolg deur ’n driegangmaaltyd (kraakvars slaai, beeslendeskyf met dungesnyde aartappelskyfies en nagereg), en elke gang sal met ’n gepaste wyn gepaar word. Die vermaak sal deur die sanger Ricky Botsis, Reality Radio en DJ Shaun Westcott verskaf word.

Datum en tyd: Woensdag12 Augustus, stiptelik om 19:00

Drag: Formeel (skemerrokke, hakskoene, pakke en dasse)

Koste: R350 per persoon

Bespreek: Koop kaartjies by Quicket.co.za.

The post Wonderlike kos vir ’n wonderlike saak! appeared first on Goeie Huishouding.

Gelukkige Internasionale Bierdag!

$
0
0

international beer day

Bierliefhebbers oor die wêreld heen vier vandag op 7 Augustus 2015 Internasionale Bierdag, en ons kan nie aan ’n beter manier dink om dié dag te vier nie as met ’n Vrydagaandbraai … en natuurlik ’n bietjie bier!

Heerlike braaigereg

Gebraaide swartbier-hoender

video-clark-chicken-wings-articleLarge

Nog ’n smullekker braairesep

Hoender a là bierblikkie

130116_006_BeerCanChick_web

En ’n watertand-pastei!

Beesvleis-en-bierpastei

BEEF AND BEER PIE ? 900g (2lb) stewing steak, such as chuck, cut into 2.5cm (1in) pieces ? 4tbsp plain flour ? 2tbsp vegetable oil ? 450ml (3?4 pint) beef stock ? 200g (7oz) smoked lardons ? 5 shallots, each quartered into wedges ? 200g (7oz) button mushrooms, halved if large ? Few fresh thyme sprigs ? 400ml (13fl oz) ale for the pastry ? 250g (9oz) plain flour, plus extra to dust ? 125g (4oz) chilled butter, chopped ? 11?2tsp English mustard powder ? 100g (31?2oz) Lancashire cheese, finely chopped ? 1 medium egg, lightly beaten

BEEF AND BEER PIE
? 900g (2lb) stewing steak, such as chuck, cut into 2.5cm (1in) pieces
? 4tbsp plain flour
? 2tbsp vegetable oil
? 450ml (3?4 pint) beef stock
? 200g (7oz) smoked lardons
? 5 shallots, each quartered into wedges
? 200g (7oz) button mushrooms, halved if large ? Few fresh thyme sprigs
? 400ml (13fl oz) ale
for the pastry
? 250g (9oz) plain flour, plus extra to dust
? 125g (4oz) chilled butter, chopped
? 11?2tsp English mustard powder
? 100g (31?2oz) Lancashire cheese, finely chopped ? 1 medium egg, lightly beaten

The post Gelukkige Internasionale Bierdag! appeared first on Goeie Huishouding.

Kos-en-wynkombinasies vir ’n Vrydagaand

$
0
0
  • L’Avenir Single Block Pinotage 2013, R300

    GAAN GOED SAAM MET: Geurryke rooivleis soos wildsfilet.

    PROBEER DIT MET GH SE RESEP: Tami se romerige biltongsop.

  • Baleia Inge Chardonnay 2014, R180

    GAAN GOED SAAM MET: Romerige sampioen-en-hoendergeregte en ryk soppe.

    PROBEER DIT MET GH SE RESEP: Broccoli-en-bloukaassop.

  • Obikwa Sauvignon Blanc, R30

    GAAN GOED SAAM MET: Kaas-en-mieliebrood.

    PROBEER DIT MET GH SE RESEP: Mieliebrood.

  • Muratie Laurens Campher Blended White 2014, R120

    GAAN GOED SAAM MET: Dié effens droë wyn werk die beste saam met romerige hoendergeregte, asook matige speserygeregte soos kerrie.

    PROBEER DIT MET GH SE RESEP: Hoender-frikassee-torings.

  • Kleine Zalze Vineyard Selection Shiraz 2012, R110

    GAAN GOED SAAM ME: Die ideale metgesel vir ’n sappige riboogsteak of pikante swartbonesop.

    PROBEER DIT MET GH SE RESEP: Swartbonesop.

The post Kos-en-wynkombinasies vir ’n Vrydagaand appeared first on Goeie Huishouding.

6 supervullende slaaie


4 fantastiese eenskottel-wonders

Bak moeiteloos met Sasko Quick Treats

$
0
0

Ons moet huishoudings en ondernemings aan die gang hou, vakansies en saamrygeleenthede beplan, die familie nooi vir ete en reëlings vir die boekklub tref … Intussen moet ons nog tyd vind om vir ons gesinne te bak. Maar wil ons regtig ure lank in die kombuis spandeer wanneer ons saam met ons gesin of vriende kan kuier?

Gelukkig het ons die Sasko Quick Treats-reeks wat iets heerliks vir almal bied. Dis moeiteloos bak op sy beste, want jy kan bloot net ‘n 500 g-pakkie Sasko Quick Treats-mengsel gryp en drie bestanddele en ‘n tikkie kreatiwiteit byvoeg om jou persoonlike stempel op jou bakwerk af te druk. En die beste van alles? Dit neem slegs 30 minute.

Neem dus ‘n blaaskans om vrouwees te vier en allerhande lekker dinge te doen terwyl jy aan een van hierdie sewe heerlike happies kan smul:

  • Sasko Quick Treats Vanilla Muffins is heerlik op hul eie, of die ideale basis vir suurlemoen-en-papawersaadmuffins.
  • Bak heerlike skons in minder as 30 minute met Sasko Quick Treats Scones.
  • Sasko Quick Treats Bran Muffins is smullekker met kaas of konfyt.
  • Die dekadente Sasko Quick Treats Chocolate Muffins kan warm of koud voorgesit word.
  • Geniet Sasko Quick Treats Pancakes met kaneelsuiker en suurlemoensap.
  • Sasko Quick Treats Flapjacks is net soos Ouma s’n, net vinniger … en lekkerder.
  • Sasko Quick Treats Cookie Mix is heerlik op sy eie, of voeg tuisgemaakte sjokoladesplinters by.

Sluit aan by Sasko by die Goeie Huishouding-teepartytjie en smul aan heerlike gebak met Sasko Quick Treats – jy staan boonop ‘n kans om ‘n Kenwood-menger tydens die geleentheid te wen!

Besoek die Sasko Flour-Facebookblad vir gereelde nuus en resepidees.

The post Bak moeiteloos met Sasko Quick Treats appeared first on Goeie Huishouding.

Maklike idees vir bevrore skilferkorsdeeg

$
0
0
  1. Maklike voorgereg
    Plaas ’n ontdooide vel skilferkorsdeeg op ’n bakplaat en bedek met kersietamaties, mozzarellakaas en basilieblare en plaas in die oond. Sodra dit goudbruin gebak is, sny in vierkante vir ’n maklike, moeitelose voorgereg of ligte happie.
  2. ’n (Soort van) deftige voorgereg
    Smeer tamatie-en-rissiekonfyt, blatjang of enige ingelegte konfyt van jou keuse oor ’n vel ontdooide deeg, plaas ’n sirkel briekaas in die middel en vou die deeg om die kaas. Bestryk met eier en bak totdat die deeg goudbruin is. Laat afkoel en sny in smelterige skywe om as ryk voorgereg voor te sit.
  3. Geen tyd vir aandete nie? Geen probleem!
    Smag jy na die hartlikheid van ’n heerlike pastei, maar kom jy die tyd en/of die vaardighede in die kombuis kort? Maak jou eie vinnige vulsel deur ui en sampioene te soteer, ’n gaar braaihoender fyn op te kerf en klaargekoopte kaassous en mieliepitte by die spulletjie te voeg. Plaas in ’n oondbak en bedek met ’n vel skilferkorsdeeg. Bestryk met eier en bak. Of plaas bloot ’n vel skilferkorsdeeg oor jou gunsteling-beesvleisbedie.
  4. Dekadente nagereg in ’n kits

Plaas ’n vel ontdooide skilferkorsdeeg op ’n bakplaat, smeer Nutella bo-oor en sprinkel haselneute bo-oor. Bak in die oond totdat die deeg goudbruin is.

  1. Propvol vrugte

Smeer ongegeurde roomkaas oor ’n vel deeg en rangskik gesnyde vrugte soos bessies, perskes, appelkose of pruime oor die roomkaaslaag. Bedruip met heuning. Bak totdat die deeg goudbruin is. Bestuif liggies met versiersuiker en sit voor saam met room of roomys. Maklik!

Let wel: Oonde verskil, maar 180°C is ’n goeie riglyntemperatuur waarteen skilferkorsdeeg kan bak. Idees kan aangepas word om jou by jou smaak en beskikbare bestanddele te pas. Wees kreatief!

 

The post Maklike idees vir bevrore skilferkorsdeeg appeared first on Goeie Huishouding.

9 superkosse en hul (effens grillerige) newe-effekte

$
0
0
  1. Krulkool

As jy teen dié tyd nog nie weet dat krulkool goed is vir jou nie, woon jy seker onder ’n klip. Hierdie blaargroente is berug daarvoor dat dit jou kans op enige iets van kanker tot vermindering van konsentrasie kan laat afneem. Jy kan dit ook by smoothies, roerbraai en sop voeg. Wat is dan nou negatief daaraan? Die hoë veselinhoud kan jou toiletgewoontes gereeld … miskien té gereeld maak, as jy weet wat ons bedoel! As jy nie gewoond is daaraan om gereeld veselryke kos te eet nie, vat dit stadig: Hou by ’n halwe koppie of 1 koppie gaar krulkool per dag.

  1. Wortels en patats

Dit klink dalk belaglik maar as jy te veel aan hierdie groentes smul, kan jy letterlik oranje verkleur! (Pampoene is ook ’n sondebok) Dit is weens ’n toestand genaamd karotenose, waar jou velpigment geel of oranje verkleur. Hoe kan jy dit vermy? Sluit ander kleurryke vrugte en groente by jou dieet in!

  1. Boontjies en lensies

Die B-vitamiene, minerale en vesel in boontjies verrig wondere vir jou gesondheid, maar dit kan winderigheid en ’n opgeblase gevoel veroorsaak omdat dit so lank neem om te verteer. Maar die oplosbare vesel in boontjies en lensies maak dit maklik vir die “goeie” soort bakterieë om in jou maag te groei – probeer dus ’n halwe koppie gaar boontjies of lensies om die ongemak te vermy.

  1. Knoffel

Knoffel is bekend daarvoor dat dit siektes beveg en goed is vir gewigsverlies, maar dit kan jou asem laat sleg ruik! Dit is natuurlik ou nuus dat knoffel ’n klankie het, maar gaar knoffel is nie so sterk soos rou of gepoeierde knoffel nie.

  1. Dennepitte

Dennepitte kan ’n metaalagtige smaak in jou mond veroorsaak, wat vir ’n paar dae tot twee weke lank kan duur! Hierdie toestand staan as “metallogeusia” bekend, maar jy hoef nie daaroor bekommerd te wees nie – navorsing toon dat ingevoerde dennepitte, galsterigheid en die gebrek aan prosessering dié smaak kan veroorsaak. (Wenk: Dit help om dennepitte eers te rooster!) Maar as jy sensitief vir die smaak is, hou maar by grondboontjies, amandels of ander neute.

  1. Rooiwyn

Die resveratrol in rooiwyn kan jou teen chroniese siektes beskerm, maar as jy te veel wyn drink, kan dit dehidrasie en toename in gewig tot gevolg hê (een glas = 628 kJ). Hou liefs by een glasie per dag. Wyn kan ook jou slaappatroon versteur, wat jou ietwat knorrig kan laat voel.

  1. Sjokolade

Kakao-flavanol, die goedvoel-antioksidant in sjokolade (veral dié wat minstens 70% kakao bevat!), hou verband met hartgesondheid, ’n stabiele gewig en ’n goeie bui. Maar as jy geneig is tot sooibrand, wees gewaarsku: Sjokolade kan gastro-esofageale reflukssiekte (GERS) vererger. Moet dus nie te veel van hierdie super-happie eet nie.

  1. Aspersie

Het jou urine ’n effense klankie nadat jy aspersie geëet het? Hierdie groentesoort is ryk aan folaat, wat sulfur vrystel wanneer dit verteer word – dit veroorsaak dus die reuk. Die enigste oplossing daarvoor is om baie water te drink sodat jy dit nie so erg sal opmerk nie.

  1. Beet

’n Verskynsel genaamd “beeturia” – wanneer jou urine pienk of rooi verkleur nadat jy beet geëet het – raak net sowat 10% mense. Interessant genoeg is mense tot ’n ystertekort meer geneig daartoe, en die pigmentverandering kan wissel van heldderrooi tot amper niks. Raadpleeg jou dokter as jy bekommerd is, maar jy hoef regtig nie bekommerd te wees nie – behalwe vir daardie paar sekondes as jy vergeet dat jy beet tydens middagete geëet het!

Hierdie artikel het oorspronklik in Good Housekeeping in die VSA verskyn.

The post 9 superkosse en hul (effens grillerige) newe-effekte appeared first on Goeie Huishouding.

Suid-Afrika se souterigste hamburger vir kinders

$
0
0

’n Onlangse internasionale opname deur die World Action on Salt & Health (WASH) en wat deur die Hart-en-beroertestigting van Suid Afrika (HSFSA) ondersteun word het die soutinhoud in 387 gewilde kombinasies vir kinderetes ondersoek. Die meningsopname het onthul dat kinders kommerwekkend groot hoeveelhede sout deur gewilde kitskoshandelsmerke inneem – 82 % (134 uit 163) van hierdie etes bevat meer as 1 g sout per maaltyd. Dit is meer as wat ’n kind tussen vier en ses jaar tydens een ete behoort te eet, en party etes bevat dieselfde hoeveelheid sout as 10 pakkies soutgegeurde skyfies

 

Uit die 37 lande waar die opname gedoen is, was Suid-Afrika in die top 10 lande met die souterigste kitskosmaaltye vir kinders. Die kommerwekkendste is egter dat KFC in Suid-Afrika se hoenderburger en skyfies vir kinders die hoogste soutinhoud van al die kinderhoenderburgers wêreldwyd gehad het, teen 2,91 g (meer as ’n halwe teelepel) per maaltyd. Verder het Suid-Afrika die McDonalds Chicken Nuggets met die derde hoogste soutinhoud uit 29 lande. Die resultate van die opname is baie kommerwekkend in Suid-Afrika, waar ’n vasgestelde een in drie adolossente drie maal per week kitskos eet.

 

WASH en die HSFSA doen ’n beroep op alle kosvervaardigers om die soutinhoud in hul produkte te verminder om die globale maksimum inname van 5 g sout per volwassene per dag na te kom. Kindermaaltye moet voorkeur kry. “Suid-Afrika het een van die hoogste syfers van hoë bloeddruk wêreldwyd en een in 10 kinders ly reeds aan hoë bloeddruk – ons kan eenvoudig nie sulke hoë soutinhoude in gewilde kindermaaltye toelaat nie,” sê Christelle Crickmore, die ontwikkelingsbestuurder vir die HSFSA

 

Die opname het ook die groot verskil tussen die soutinhoud van dieselfde maaltye wat in verskillende lande verkoop word, beklemtoon. “Die feit dat die soutinhoud wel laer in party lande is, beteken dat hulle dieselfde inhoud in al die lande kan nakom, en dit moet onmiddellik gedoen word. Alle kinders is geregtig op kitskos as ’n bederf, maar sonder om hul gesondheid te benadeel,” sê Clare Farrand, ’n voedingkundige vir openbare gesondheid en internasionale programleier by WASH.

The post Suid-Afrika se souterigste hamburger vir kinders appeared first on Goeie Huishouding.

Kos-en-wynkombinasies vir ’n Vrydagaand

$
0
0
  • Obikwa Merlot, R30

    GAAN GOED SAAM MET: Klein vark-en-appelpasteitjies.

    PROBEER DIT MET GH SE RESEP: Varkvleis-appel-en-pruimpastei

  • Haute Cabriere Unwooded Pinot Noir 2015, R85

    GAAN GOED SAAM MET: ’n Wonderlike metgesel vir pastas en slaaie, gebraaide beesvleis, lamsvleis en eend.

    PROBEER DIT MET GH SE RESEP: Gebraaide-beesvleis-en-soetrissiepiekel-tartines

  • Allée Bleue Sauvignon Blanc 2015, R62

    GAAN GOED SAAM MET: Ligte vegetariese pasta met vars kruie of kammossels in ’n vars sitrus-jus met gemarineerde lemoenskil.

    PROBEER DIT MET GH SE RESEP: Pasta met sampioene en krulkool-en-okkerneutpesto

  • Grande Provence Cabernet Sauvignon 2011, R140

    GAAN GOED SAAM MET: Geroosterde vleis, gemarineerde steaks en lamsosaties met sampioene en roosmaryn.

    PROBEER DIT MET GH SE RESEP: Marokkaanse lamsosaties

  • Kloovenberg Barrel Fermented Chardonnay 2014, R82

    GAAN GOED SAAM MET: Hoender, vark, romerige pasta, salma of geroosterde-visgeregte.

    PROBEER DIT MET GH SE RESEP: Varkvleis-en-appelkoosterrien met suurdeegbrood

The post Kos-en-wynkombinasies vir ’n Vrydagaand appeared first on Goeie Huishouding.

Kos-en-wynkombinasies vir ’n Vrydagaand

$
0
0
  • Obikwa Shiraz, R30

    GAAN GOED SAAM MET: Pikante jaffels

    PROBEER DIT MET GH SE RESEP: Broodjies met braaihoender en jalapeñorissies

  • Allée Bleue Starlette Shiraz Rosé 2015, R45

    GAAN GOED SAAM MET: Bruschetta met salami of lamsvleis aan roosmaryntakkies geryg en oor ’n rokerige vuur gebraai.

    PROBEER DIT MET GH SE RESEP: Marokkaanse lamsosaties

  • Baleia Erhard Pinot Noir 2013, R180

    GAAN GOED SAAM MET: Kouevleis, gebraaide hoender en vark, asook wildsvleis.

    PROBEER DIT MET GH SE RESEP: Bak ‘n hoender in die man-oond

  • Delheim Pinotage Rosé 2015, R57

    GAAN GOED SAAM MET: Soet nageregte, sout pasteitjies, ligte vleis en effens pikante, aromatiese geregte soos matige kerries en Thai-geregte. Dit balanseer ook die rykheid van romerige slaaie.

    PROBEER DIT MET GH SE RESEP: Geurige Thaise noedelslaai

  • Pierre Jourdan Tranquille, R50

    GAAN GOED SAAM MET: Aspersie, soesji, slaaie, Asiatiese geure en ligte etes

    PROBEER DIT MET GH SE RESEP: Aspersie-Emmental-pizzettas met spek, bedien met Italiaanse slaai

The post Kos-en-wynkombinasies vir ’n Vrydagaand appeared first on Goeie Huishouding.


Kos-en-wynkombinasies vir ’n Vrydagaand

$
0
0
  • Oldenburg Vineyards Syrah 2012, R200

    GAAN GOED SAAM MET: Beesvleissnitte met ’n hoër vetinhoud, soos riboogsteak, of geroosterde vleis en bredies met ’n bietjie speserye.

    PROBEER DIT MET GH SE RESEP: Kruissnit met knoffelbotter

  • Obikwa Chardonnay, R30

    GAAN GOED SAAM MET: ’n Gelaagde Mexikaanse slaai en nacho’s.

    PROBEER DIT MET GH SE RESEP: Mexikaanse mielie-wraps

  • Bosman De Bos Walker Bay Sauvignon Blanc 2014, R80

    GAAN GOED SAAM MET: Die wyn is net so goed op sy eie as saam met slaai, hoender- of visgeregte.

    PROBEER DIT MET GH SE RESEP: Vis en tjips

  • Baleia Sebastian 2013, R150

    GAAN GOED SAAM MET: Geroosterde vleissnitte met peperspeserye sal die vrugtigheid in hierdie wyn na vore bring.

    PROBEER DIT MET GH SE RESEP: Gevulde varkboud

  • Haute Cabriere Chardonnay Pinot Noir 2015, R85 GAAN GOED SAAM MET: Vis, hoender en Mediterreense cuisine of op sy eie. PROBEER DIT MET GH SE RESEP: Mediterreense luukse-vy-en-hamslaai

The post Kos-en-wynkombinasies vir ’n Vrydagaand appeared first on Goeie Huishouding.

7 geheime om soos ’n kenner te bak

$
0
0
  1. Kalibreer jou oond

Laat jou oond kalibreer sodat koeke eweredig rys. “Koop ’n eksterne termometer, want as die resep sê 250 °C, moet jou oond nie 270 °C wees nie,” sê Buddy. “My oond by die huis was nie heeltemal presies nie en het my koeke laat ‘kroon’, wat beteken dit maak ’n blasie in die middel.”

  1. Moenie te veel meng nie

Moenie jou bestanddele te veel meng nie en gebruik ’n goeie spatel. Buddy sê ’n goeie een is veilig vir kleefvrye panne en buigsaam genoeg om in moeilike hoekies by te kom, maar stewig genoeg om mee te meng.

  1. Hou by die resep

Bak is ’n wetenskap. “Volg die resep woord vir woord,” sê Buddy.

  1. Gebruik bestanddele by kamertemperatuur

Maak seker die botter is by kamertemperatuur en dat die eiers nie pas uit die yskas kom nie. “Dit moenie koud voel nie,” sê Buddy.

  1. ’n Fondantskaaf

’n Fondantskaaf met ronde hoeke sal jou help om fondantversiersel sonder enige merke glad af te werk. Probeer die Cake Boss Fondant Smoother, wat by Boardmans beskikbaar is.

  1. ’n Silikoonmatjie

Die Cake Boss Silicone Baking and Fondant Prep Mat het gerieflike maatlyne en dis buigsaam én hittebestand. Dit sal ook nie reuke en kleure absorbeer nie en kan maklik met die hand gewas word.

  1. ’n Draagbare koekhouer

Wanneer jy klaar gebak het, het jy ’n veilige houer nodig om die koek in te vervoer sonder dat dit beskadig word. Kies ’n houer met ’n stewige sluitmeganisme. Die Cake Boss Metal Cake Carrier met ’n deksel én sluitmeganisme is van koudgewalste staal gemaak en het ’n poeierdeklaag.

The post 7 geheime om soos ’n kenner te bak appeared first on Goeie Huishouding.

Die beste ding ná brood en botter

$
0
0

Waaroor gaan die bohaai?

Die ruimtebesparende ontwerp van Consol se nuutste toevoeging is wat dit so vernuftig en uniek maak – dit hou alles wat jy apart wil hou bymekaar! In wese is dit twee flesse – een kleintjie en een grote – wat inmekaar pas. Die flesse deel ’n deksel, wat dit stewig bymekaar hou as een houer. Slim, nè? En dis hoekom ons dit die beste ding ná brood en botter noem!

 

Dis perfek vir …

Sop en croutons. Slaai en sous. Groentestokkies en doopsous. Geroosterde groente en ’n wrap. Dis net ’n paar van die heerlike koskombinasies waar sommige van die bestanddele apart moet bly tot net voordat jy dit voorsit. Nou hoef jy nooit meer deurweekte wraps of waterige slaaie te eet nie!

 

Kliek hier vir nog 2-in-1-maaltyd-idees.

Maar die Jar in a Jar doen meer as om net saamneemkos te vereenvoudig. Dis net so nuttig om skryfbehoeftes of koekversierings in te bêre.

 

Wat jy moet weet

Dis beskikbaar in twee kombinasies – 1 liter/100 ml en 500 ml/100 ml – en met deksels in verskeie kleure.

Die flesse en deksels is skottelgoedwasserbestand, maar nie geskik vir vries of verhit in ’n oond of mikrogolfoond of vir gasdrankies nie.

 

Besoek www.consol.co.za vir meer inligting, gaan na Facebook (Consol Glass) of e-pos sales@consol.co.za.

The post Die beste ding ná brood en botter appeared first on Goeie Huishouding.

Verfrissende kiwi-drankie

Kos-en-wynkombinasies vir ’n Vrydagaand

$
0
0
  • Fleur du Cap Natural Light Rosé, R44

    GAAN GOED SAAM MET: Die effens droë smaak maak dit ideaal vir slaaie en ligte pastas:

    PROBEER DIT MET GH SE RESEP: Halloumi-slaai

  • Doran Vineyards Shiraz 2013, R75

    GAAN GOED SAAM MET: Geroosterde of gebraaide beesvleis; heerlike, vullende bredies; wildsvleis en harde kase soos beleë cheddar.

    PROBEER DIT MET GH SE RESEP: Beesvleisbredie

  • Van Loveren Daydream Pinot Grigio, R42

    GAAN GOED SAAM MET: Ideaal saam met skulpvis, visgeregte, hoender, somerslaaie, kouevleis en ’n groot verskeidenheid vegetariese geregte.

    PROBEER DIT MET GH SE RESEP: Spaanse noedels met garnale en ertjies

  • Eikendal Cabernet Sauvignon 2013, R185

    GAAN GOED SAAM MET: Geroosterde vleis, verouderde riboogsteak of lamsboud. Dit komplementeer ook pikante Mediterreense geregte.

    PROBEER DIT MET GH SE RESEP: Lamspotjie

  • Kloovenburg White from Red Brut Shiraz Sparkling Wine, R86

    GAAN GOED SAAM MET: Pannekoek en lentebessies.

    PROBEER DIT MET GH SE RESEP: Ricotta-pannekoeke met pruime

The post Kos-en-wynkombinasies vir ’n Vrydagaand appeared first on Goeie Huishouding.

Viewing all 137 articles
Browse latest View live


<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>