Hier is agt eetgoed (en ’n drankie of twee) met ’n rugbytema om die sportliefhebbers in jou lewe te plesier. Kyk hier en word geïnspireer.
The post 8 liplek-lekker kosidees met ’n rugbytema appeared first on Goeie Huishouding.
Hier is agt eetgoed (en ’n drankie of twee) met ’n rugbytema om die sportliefhebbers in jou lewe te plesier. Kyk hier en word geïnspireer.
Hier is ’n l stap-vir-stap-gids om hierdie rugbybalkoek te maak.
Oulik, slim en baie maklik om te maak! Kry die resep vir dié dubbel-sjokolade-rugbykolwyntjies l hier.
Omskep pizzasakkies in rugby-geïnspireerde pasteitjies. Liefhebbers van soutige eetgoed (en rugby!) sal dol daaroor wees.
Pizza + koek + rugby = ’n groot kaaslekkerte vir almal! Die resep vir hierdie pizzakoek vra vir ’n rugbybalvorm, maar jy kan ook ’n ovaalvormige bak gebruik.
Wie sê rugby is net vir mans? Nooi jou vriendinne oor vir die wedstryd en sit hierdie dekadente happies saam met vonkelwyn voor.
Gee ’n Peppermint Crisp- (of enige ander geur) tert ’n bietjie rugby-flair – druk ’n Springbok-embleem uit en sny dit uit om ’n stensil te maak.
Daar is geen grense met dié een nie! Eksperimenteer met verskillende vulsels vir jou l gebakte aartappelskille.
Hierdie een is te maklik om nie te probeer nie! En wie hou nou nie van pizza nie?! Kry die resep vir hierdie pepperoni-pizza hier.
Of jy dit nou self maak of van jou gunsteling-bakkery bestel, hierdie Springbok-kolwyntjies sal ’n wenner wees!
Sien jy hoe maklik (en bekostigbaar) rugbygeïnspireerde partytjiekos kan wees? Voeg eenvoudig vlaggies (wat jy kan koop op maak) by mini-hamburgers of spuit roomkaas met ’n versierbuis op gevulde patats om soos die veters op ’n rugbybal te lyk.
Nog ’n vinnige, maklike manier om Wêreldbeker-geur by jou gunsteling-partytjiekos te voeg is met hierdie mini-burgers.
’n Maklike soethappie om ná die wedstryd saam met koffie voor te sit. Kyk hier om dié brownie-koekies te maak – jy’t geen koekiesnyer daarvoor nodig nie!
The post 8 liplek-lekker kosidees met ’n rugbytema appeared first on Goeie Huishouding.
1. CHAKALAKA Dié pikante groentesmoor het in die townships van Suid-Afrika ontstaan. Dit word gewoonlik saam met pap, stampmielies (sien nommer 5), bredies of kerries voorgesit en is ’n voorvereiste vir enige braai.
2. KOEKSISTERS Daar is twee gewilde weergawes van hierdie Suid-Afrikaanse soort oliebol: ’n Afrikaner-weergawe, wat gedraai of gevleg word, en ’n Kaaps-Maleise weergawe, wat ’n dikker speseryhappie is wat in klapper gerol word.
3. MELKTERT Melktert is ’n Suid-Afrikaanse nagereg bestaande uit ’n soet pasteikors met ’n romerige, melkerige vulsel waaroor kaneel gesprinkel word. Daar word gesê die oorsprong daarvan is in die tradisionele Nederlandse kookkuns.
4. UMNGQUSHO (STAMPMIELIES EN BONE) Stadig gekookte stampmielies (gebreekte mielies) en bone is ’n tradisionele gereg (wat “umngqusho” in Xhosa en “isistambu” in Zoeloe genoem word) wat as ’n hoof- of bygereg voorgesit word. Dit was ’n gunsteling van oorlede oudpresident Nelson Mandela.
5. SKILPADJIES Dit is lamslewer wat in netvet toegedraai word. Die meeste mense maal die lewer, voeg koljander, gekapte ui, sout en worcestersous by en draai dan balletjies van hierdie mengsel met die netvet toe en steek dit met ’n tandestokkie vas voordat hulle dit braai.
6. BILTONG Dit is waarskynlik die bekendste Suid-Afrikaanse kos en is soortgelyk aan die Amerikaanse “jerky”. Dis gesoute vleis (enige iets van wildsvleis tot volstruis en beesvleis) en word luggedroog.
7. WALKIE TALKIES (HOENDERPOTE) Hoenderpote word tradisioneel in die townships oor die land heen as ’n versnapering geëet en word “walkie talkies” genoem. Die voete word eers in kookwater gedompel sodat die buitenste laag van die vel afgeskil kan word, waarna dit gegeur en dan gerooster word.
8. BOBOTIE ’n Groot Suid-Afrikaanse gunsteling (hoewel oorspronklik ’n Maleise gereg) wat van soet maalvleis met speserye – wat dikwels kerrie insluit – gemaak word met ’n eierbolaag en met geelrys en sambals voorgesit word.
9. POTJIEKOS Potjiekos verwys na ’n bredie wat in die buitelug in ’n pot gemaak word. Tradisioneel word ’n driepootpot gebruik wat deur die Nederlanders in die 17de eeu na Suid-Afrika gebring is. Vandag het baie Suid-Afrikaanse gesinne so ’n pot, saam met hul eie unieke potjiekosresep!
10. BUNNY CHOW ’n Suid-Afrikaanse kitskosgereg bestaande uit ’n uitgeholde brood wat met kerrie gevul word. Dit het in die Durbanse Indiese gemeenskap ontstaan. Hoewel sommige mense daarna as ’n “kota” (ook bekend as ’n katkop) verwys, word laasgenoemde met slaptjips pleks van kerrie gevul.
11. POETOEPAP Dis ’n variasie van mieliepap en het ’n droë tekstuur van die mieliemeel wat klonte vorm, en dit is hoekom dit ook krummelpap genoem word. Dit word gewoonlik met ’n tamatiesmoor voorgesit, maar partye mense eet dit met melk en suiker vir ontbyt.
12. WATERBLOMMETJIEBREDIE Hierdie bredie word van vleis, gewoonlik lam, gemaak wat saam met waterblommetjies gestowe word wat meestal in damme en vleie in die Wes-Kaap voorkom.
13. MALVAPOEDING ’n Tipiese Suid-Afrikaanse nagereg wat gewoonlik warm met vla of roomys voorgesit word. Hoewel dit van Nederlandse oorsprong is, het Suid-Afrikaners dit hul eie gemaak met die unieke byvoeging van appelkooskonfyt.
14. BOEREWORS Boerewors is ’n gekruide vleiswors wat tradisioneel met beesvleis en ’n bietjie lams- en/of varkvleis gemaak word. Dit word gewoonlik met ’n tamatiesmoor voorgesit en is ook die oorsprong van die boereworsrol.
BOKKOMS Daar word dikwels na bokkoms (of bokkems) as visbiltong verwys. Dit is heel, gesoute en gedroogde harders. Hierdie Weskus-lekkerny is op sy beste saam met witwyn of brood en appelkooskonfyt, maar dit kan ook in soppe en pastas gebruik word.
16. ROOSTERKOEK Roosterkoek is ’n tradisionele Suid-Afrikaanse broodresep wat in ’n rooster oor die kole van ’n houtvuur “gebak” word. Die resultaat is ’n broodrolletjie wat sag binne-in en bros buite met roostermerke is. Dit is op sy lekkerste terwyl dit vuurwarm is saam met botter en konfyt.
17. MOSBOLLETJIES Hierdie donsige brood kan as ’n soet “brioche” beskryf word en word tradisioneel met gefermenteerde druiwesap (mos) en anyssaad gemaak. Dis op sy lekkerste wanneer dit dik met botter en konfyt gesmeer word.
VETKOEK Vetkoek is deeg wat in olie diepgebraai word en met óf maalvleis gevul word óf waaroor stroop, heuning of konfyt gesmeer word. Dis in dieselfde vorm as ’n oliebol, maar sonder die gaatjie, en het waarskynlik sy oorsprong van die Nederlandse “oliebollen”.
The post 18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken appeared first on Goeie Huishouding.
Doran Vineyards Chenin Blanc 2013, R69
GAAN GOED SAAM MET: Enige iets met ’n romerige sous, soos ’n vispastei of hoender met ’n room-en-sampioensous, asook geroosterde varklies met appelsous, kammossels, kreef en braaihoender.
PROBEER DIT MET GH SE RESEP: Geroosterde hoender en groente met pietersielie-pesto
Van Loveren Daydream Chardonnay Pinot Noir, R47
GAAN GOED SAAM MET: Ideaal vir ’n somerse seekosgereg met gerookte salm, blitsgebraaide tuna of hoender.
PROBEER DIT MET GH SE RESEP: Avokado met gerookte salm en ’n spanspekslaai
Fryer’s Cove Doring Bay Sauvignon Blanc, R80
GAAN GOED SAAM MET: ’n Verskeidenheid geregte, maar veral met vars calamari of ander seekos.
PROBEER DIT MET GH SE RESEP: Calamari Goujon-wraps
Diemersfontein Pinotage 2013, R99
GAAN GOED SAAM MET: Kerries, ryk beesstertbredies, lamsvleiskasserol, wildsvleis en donkersjokoladenageregte.
PROBEER DIT MET GH SE RESEP: Sjokolade-en-brandewyn-crème brûlée
Eikendal Classique 2013, R223
GAAN GOED SAAM MET: Rooivleis soos filetmedaljons of springbok-carpaccio, wildesampioenrisotto, gerookte-eiervrug-en-mozzarella-stapels en ryk sjokolade-en-bessietert.
PROBEER DIT MET GH SE RESEP: Beesfilet-en-soetrissie-roerbraai
The post Kos-en-wyn-kombinasies vir ’n Vrydagaand appeared first on Goeie Huishouding.
Bon Courage The Gooseberry Bush Sauvignon Blanc, R50
GAAN GOED SAAM MET: Uitstekend met seekos, ligte pastas of geroosterde suurlemoenhoender en bokmelkkaas en somerslaaie met vrugte.
PROBEER DIT MET GH SE RESEP: Bokmelkkaas in ‘n neutekors met slaai
Fleur du Cap Bergkelder Selection Chardonnay 2015, R58
GAAN GOED SAAM MET: Heerlik saam met ryk, romerige geregte, mossels, kerrie en kase.
PROBEER DIT MET GH SE RESEP: Spaanse mossels en paprika-skyfies
The Wolftrap 2015 Rosé, R40
GAAN GOED SAAM MET: Dit is ’n baie veelsydige genoot vir enige iets van seekos – veral salm en bouillabaisse – tot pikante Thaise geregte.
PROBEER DIT MET GH SE RESEP: Geurige Thaise noedelslaai
Jan Harmsgat Cabernet Sauvignon, R140
GAAN GOED SAAM MET: Diepgebraaide hoendervlerkies met soetmieliepuree en mikroslaaiblare of “Southern”-styl gebraaide-hoenderrollade met soetmieliepuree.
PROBEER DIT MET GH SE RESEP: Buffalo-vlerkies met suurroomdoopsous
Rhino Run Ian Player 2014, R55
GAAN GOED SAAM MET: Hierdie wyn is heerlik saam met roosmaryn-lamsvleis, kalkoen, rou geroosterde beesvleis of gebraaide hoender.
PROBEER DIT MET GH SE RESEP: Geroosterde lamsboud met kruie
The post Kos-en-wynkombinasies vir ’n Vrydagaand appeared first on Goeie Huishouding.
Durbanville Hills het ’n wonderlike verskeidenheid wyne, van sauvignon blanc tot pinotage. Ons het die Durbanville Hills- en Reserve Rhinofields-reekse met van ons geliefkoosde GH-resepte gekombineer wat die wyne se geure ten beste komplementeer.
Durbanville Hills se wyne is ook maklik om regstreeks van die Vinotèque-aanlynwinkel te koop, wat dit gerieflik by jou deur aflewer. Ons het die aankoopskakels by elkeen ingesluit sodat jy maklik kan koop en kook!
Durbanville Hills Sauvignon Blanc 2015, R50
GAAN GOED SAAM MET: Geniet dit net so, effens verkoel, of saam met eenvoudige geroosterde vis, minestrone of sop met ’n tamatiebasis, slaai met ’n vinaigrette-sous if ’n kombinasie van kase, soos feta, bokmelkkaas en halloumi. PROBEER DIT MET GH SE RESEP: Geurig-geroosterde vis. KOOP DIT NOU BY VINOTÈQUE.
Durbanville Hills Chardonnay 2015, R50
GAAN GOED SAAM MET: Sit dit voor saam met diepgebraaide vark in Chinese styl, macaroni-en-kaas, hoender met ’n neutekors, garnale met kasjoeneute en ’n verskeidenheid knopie-, sjiitake- en oestersampioene wat saam met knoffel en uie in botter gebraai is. PROBEER DIT MET GH SE RESEP: Macaroni-en-kaas met byt. KOOP DIT NOU BY VINOTÈQUE.
Durbanville Hills Rhinofields Noble Late Harvest 2013, R105
GAAN GOED SAAM MET: Geniet dit net so, verkoel, of sit dit voor saam met suurlemoen- of tropiese-vrugte-nageregte, gedroogde appels, pere en pruime met heuning, vanielje en room, asook crème brûlée. PROBEER DIT MET GH SE RESEP: Koffiegegeurde crème brûlée. KOOP DIT NOU BY VINOTÈQUE.
Durbanville Hills Merlot Rosé 2015, R45
GAAN GOED SAAM MET: Geniet dit net so of sit dit voor saam met geroosterde ham met ’n bessieglaseersel, bonkige vissoppe en bredies, antipasti, slaaie met ’n sag gegeurde sous en Peking-eend. PROBEER DIT MET GH SE RESEP: Gerookte ham met marmelade-glaseersel. KOOP DIT NOU BY VINOTÈQUE.
Durbanville Hills Rhinofields Merlot 2008, R130
GAAN GOED SAAM MET: Ideaal saam met robuuste wilds-, pluimvee- en rooivleisgeregte, veral bredies en stowegeregte. PROBEER DIT MET GH SE RESEP: Paprika-beesvleisbredie. KOOP DIT NOU BY VINOTÈQUE.
Durbanville Hills Rhinofields Merlot 2012, R115
GAAN GOED SAAM MET: Sit voor saam met geroosterde tuna, salm, babahoenders gevul met pruime en varkmaalvleis, en lamsvleis-ragout met swart olywe en vars tiemie. PROBEER DIT MET GH SE RESEP: Pangeroosterde salm met pruim-en-komkommersalsa. KOOP DIT NOU BY VINOTÈQUE.
Durbanville Hills Rhinofields Pinotage 2012, R115
GAAN GOED SAAM MET: Sit voor saam met gebraaide beesvleis, geroosterde eend met ’n swartkersiesous, fillet Mignon, braaivleis, camembert en gouda. PROBEER DIT MET GH SE RESEP: link text Reuben Riffel se geroosterde eend met gestoofde appels en bessiesous. KOOP DIT NOU BY VINOTÈQUE.
Durbanville Hills Pinotage 2013, R60
GAAN GOED SAAM MET: Sit voor saam met gebraaide vleis, veral met ’n soet bedruipsous, Mexikaanse, Noord-Afrika- en Indiese geregte en matige Asiatiese geregte. Verkoel die wyn wanneer jy dit saam met kouevleise en gouda voorsit. PROBEER DIT MET GH SE RESEP: Mexikaanse strandstyl-vis. KOOP DIT NOU BY VINOTÈQUE.
Durbanville Hills Bastion Red Blend 2009, R75
GAAN GOED SAAM MET: ’n Ideale wyn vir robuuste geregte soos wildsvleis, pluimvee, wildsvleis en rooivleise. PROBEER DIT MET GH SE RESEP: Rokerige beessosaties met koolslaai. KOOP DIT NOU BY VINOTÈQUE.
Durbanville Hills Bastion Red Blend 2010, R64,99
GAAN GOED SAAM MET: ’n Ideale wyn saam met ’n tradisionele Suid-Afrikaanse braai, wildsteak en beleë gouda. PROBEER DIT MET GH SE RESEP: Ribbetjies met warm braaisous. KOOP DIT NOU BY VINOTÈQUE.
Besoek www.durbanvillehills.co.za en www.vinoteque.co.za vir meer inligting
The post Fokus op kos-en-wynkombinasies: Durbanville Hills appeared first on Goeie Huishouding.
Vrugte en groente wat soos spaghetti gekerf is, is die jongste lae-koolhidraat-gier. Al word dit dikwels zoedels genoem (na aanleiding van noedels wat van jong murgpampoentjies (zucchini) gemaak is), kan jy dit met enige iets van patats tot komkommer maak.
Kyk na hierdie video om uit te vind hoe, of koop dit klaargemaak by Woolworths (murgpampoentjie-spaghetti R29,99 vir 350 g).
Spiraalkerwers is te kry by sowel Banks Kitchen Boutique as Yuppiechef.
Verwante artikel: Bakkies vol heilsaamheid vir middagete!
The post ’n Hele boel zoedels appeared first on Goeie Huishouding.
Uitstekende nuus vir mense met ’n passie en waardering vir die goeie dinge in die lewe: Jy kan nou ’n verskeidenheid uitmuntende wyne en spiritualieë deur www.vinoteque.co.za verken en geniet – ’n aanlyn-koopervaring wat net so lonend is as die handelsname wat dit beskikbaar stel.
Hul sorgvuldig uitgesoekte portefeulje sluit ’n paar van Suid-Afrika se beste wyne met onderskeidende invloede in, asook bekroonde plaaslike en internasionale whiskies, brandewyne en konjaks. Snuffel deur die webwerf, kies en koop onmiddellik uit hul versameling. Dit word direk by jou deur afgelewer, of, waar van toepassing, laat plaas jou aankope in ’n kelder by die Bergkelder Vinoteque-wynbank totdat jy dit wil geniet. Registreer jou besonderhede op die webwerf en jy sal outomaties inligting oor hul nuwe uitreikings, spesiale aanbiedinge en aanbevelings ontvang.
Danksy die kombinering van die eCommerce-aanbod en Wine Bank-diens in ’n enkele aanlynbestemming beteken dit dat dit nog nooit makliker of geriefliker was om spesiale wyne te koop, stoor en waardeer nie. Dit gaan oor gehalte, verskeidenheid en gerief – alles met die druk van ’n knoppie.
Besoek www.vinoteque.co.za en verkry toegang tot ’n wêreld van buitengewone wyn, brandewyn, konjak en whisky van uitstekende handelsname, waaronder Allesverloren, Alto, Bain’s Cape Mountain Whisky, Bisquit, Black Bottle, Bunnahabhain, Durbanville Hills, Fleur du Cap, Jacobsdal, Le Bonheur, Lomond, Monis, Nederburg, Neethlingshof, Oude Meester, Plaisir de Merle, Pongrácz, Scottish Leader, Stellenzicht Uitkyk, Van Ryn’s en Zonnebloem – waarvan sommige eksklusief deur die Vinotèque beskikbaar is.
Besoek www.vinoteque.co.za en maak die Vinotèque se skatkis jou eie.
The post Vinotèque stel ’n aanlyn koopervaring bekend appeared first on Goeie Huishouding.
Bakliefhebbers sal bly wees om te hoor dat die gewilde Great British Bake Off in Suid-Afrika ’n plaaslike geur gekry het! Twaalf van die land se beste amateurbakkers sal teen mekaar meeding in ’n reeks bakuitdagings in die hoop om as die land se beste tuisbakker gekroon te word.
Die beoordelaars is die sterfsjefs Shirley Guy en Tjaart Walraven, wat saam met Raymond Blanc gewerk het in die gebakkombuis by die restaurant Le Manoir Aux Quat’Saisons. Dié restaurant het twee Michelen-sterre. Shirley en Tjaart sal die deelnemers ’n reeks uitdagings gee wat hul oorspronklikheid en vaardighede sal toets. Die beoordelaars sal hul gunsteling-gebak elke week ten toon stel en aan die einde van die tien programme in die reeks sal daar twee spesiale meesterklasse wees.
Die program sal vol inspirerende skeppings en praktiese raad wees en moet beslis nie misgeloop word nie!
Kyk The Great South African Bake Off Dinsdae om 20:00 op BBC Lifestyle. Dit begin vanaand (6 Oktober 2015).
The post Die première van The Great South African Bake Off appeared first on Goeie Huishouding.
Kom op dreef met die zoedel-gier met hierdie heerlike resep van die Drizzle and Dip-kosblogger Sam Linsell.
PATAT-“NOEDELS” MET CHORIZO EN LEMOEN
Genoeg vir een as ’n maaltyd of twee as ’n bykos
BESTANDDELE
METODE
Vir nog van Sam se smullekker resepte, besoek haar blog of koop haar boeke.
Verwante artikel: ’n Hele boel zoedels
The post Patat-zoedels appeared first on Goeie Huishouding.
1. @sarahgrahamfood
Sarah Graham is die skrywer van drie kookboeke en is bekend vir haar heerlike, vars en maklike geregte.
2. @drizzleanddip
Sam Linsell is ’n kosblogger, die skrywer van twee kookboeke en ’n passievolle kosstilis en kok.
3. @easycooking
Nina Timm is ’n bekende Suid-Afrikaanse kosblogger en radiopersoonlikheid op RSG.
4. @cooksister
Jeanne Horak-Druiff is ’n Suid-Afrikaanse kos-, wyn- en reisblogger in Londen. Volg haar vir pragtige foto’s van haar reise en kosavonture.
5. @katelynkatetin
Maak seker jy volg hierdie Instagram-profiel van Katelyn Williams met pragtig gestileerde foto’s as jy ’n suikertand het.
The post 5 beste Suid-Afrikaanse fynproewers op Instagram appeared first on Goeie Huishouding.
BAIN’S CAPE MOUNTAIN WHISKY, R250
GAAN GOED SAAM MET: Jalapeño-gegeurde of gesoute kasjoeneute, liggies gerookte salm met Philadelphia-roomkaas, of gerookte hoender. PROBEER DIT MET GH SE RESEP: Gerookte salm-en-tamatie-tartine
BULLEIT BOURBON, R300
GAAN GOED SAAM MET: ’n Tradisionele braai sal perfek wees, maar aangesien die geure in Bulleit perfek saam met pynappel gaan, wat van ’n anderste braaigereg soos dié vrug? PROBEER DIT MET GH SE RESEP: Gebraaide piesang en gekarameliseerde pynappel
SINGLETON OF DUFFTOWN TAILFIRE, R499
GAAN GOED SAAM MET: Dit gaan die beste saam met ’n framboos-en-melksjokoladetruffel (of enige kombinasie van melksjokolade en rooi bessies, solank dit mélksjokolade n róói bessies is!). PROBEER DIT MET GH SE RESEP: Bevrore sjokolade-neut-en-kersie-nagereg
THREE SHIPS BOURBON CASK FINISH, R185 GAAN GOED SAAM MET: Fillodeegsigare met spinasie, feta, salotte, paprika en neutmuskaat; eikehout-gerookte wildsvleis wat om gekaramelliseerde pere en bokmelkkaas gedraai is; hoender-en-hamterrien met ’n sampioenslaai; of stadig geroosterde borsvleis (brisket) wat met Three Ships Bourbon Cask Finish gegeur is. PROBEER DIT MET GH SE RESEP: Varkvleis-en-appelkoosterrien met suurdeegbrood
THREE SHIPS SE 5 JAAR OUE PREMIUM SELECT, R149
GAAN GOED SAAM MET: Beesfilet met romerige Roquefort-sous; linguine wat gemeng is met wilde sampioene wat in roosmaryn gebraai is, geroosterde dennepitte, Roquefort, gekruide crème fraîche en wilde roket; of bokmelkkaassoufflé met ’n appel-en-okkerneutslaai. PROBEER DIT MET GH SE RESEP: Dubbelgebakte soufflé met slaai
The post Kos-en-whiskykombinasies vir ’n Vrydagaand appeared first on Goeie Huishouding.
Is jy moeg daarvan om nie 100% seker te wees of ’n avokado ryp is of nie? Kyk hierdie video en leer hoe om vas te stel of jou avokado halfryp, oorryp of net reg is
The post Hoe om te kyk of ’n avokado ryp is appeared first on Goeie Huishouding.
Laleh Mohmedi het gesonde kos in haar seun se gunsteling-animasiekarakters omskep om hom sover te kry om meer vrugte en groente te eet – en nou het sy ’n Instagram-profiel met meer as 26 000 volgers!
Howel sommige van haar skeppings te mooi lyk om te eet, sê Laleh haar “koskuns” is nie so moeilik soos dit lyk nie. “Dit neem sowat 20 tot 35 minute, afhangende van die karakter,” het sy aan The Daily Mail gesê.
Om gesonde kos aantreklik vir kinders te maak is nie altyd maklik nie. Ons dink haar kreatiewe kos is fantasties – dit het ons selfs lus vir broccoli gemaak! Kyk gerus hier.
Prinses Fiona van Shrek
Mr Potato Head
Mike van Monsters Inc
’n Minion
The Lorax
The Incredible Hulk
Kung Fu Panda
Volg Laleh en Jacob op Instagram @jacobs_food_diaries.
The post Ma maak gesonde kos prettig appeared first on Goeie Huishouding.
1. ’n Maklike opsie is om kolwyntjies te maak. Jy kan dit in lae rangskik sodat dit ’n ooreenkoms met ’n koek het, en ’n klein laagkoek bo-op sit wat jy en manlief kan sny vir ’n fotogeleentheid.
2. Nie almal het ’n suikertand nie en min of meer almal hou van kaas. Wat dus van ’n kaaskoek? (Nee, ons praat nie van een met roomkaas, beskuitjies en botter nie.) Koop heel ronde kase van verskillende soorte en groottes en pak dit opmekaar van die grootste na die kleinste. Jy kan alle soorte van cheddar en gouda tot camembert, brie en bokmelkkaas insluit. Versier jou meesterstuk met vye wat in kwarte gesny is, asook bessies en skyfies appel, en moenie die beskuitjies vergeet nie.
3. If you would prefer to avoid a cake altogether, put together a sweet bar. This involves a number of jars holding a variety of sweets. (You can really let your inner child run wild!) Remember to supply some big scoops and paper bags for takeaways.
4. Vier jul groot dag met ontbyt en ’n wafelkoek. Pak dit in lae om die vorm van ’n koek aan te neem met groot wafels onder, dan middelslagwafels en eindig met klein wafels. Versier dit met geklopte room en aarbeie en sit dit met ’n groot beker stroop voor.
5. Laastens, skep ’n “koek”-struktuur met lae oliebolle. Kies jou gunstelinggeure en pak dit opmekaar om lae te vorm.
The post 5 alternatiewe troukoekidees appeared first on Goeie Huishouding.
VOLG DIE STAP-VIR-STAP-AANWYSINGS IN HIERDIE VIDEO:
VIDEO VAN: EPICURIOUS.COM
FOTO DEUR CHELSEA KYLE, REKWISIETSTILERING DEUR ALEX BRANNIAN, KOSSTILERING DEUR MICHELLE GATTON
The post Kyk hier: die “veggieducken”! appeared first on Goeie Huishouding.
Die tien top-bier en -siderfinaliste van die National Craft Brewers-kampioenskap vir 2015 is aangekondig.
’n Paar ou gunstelinge is steeds hier, maar die noemenswaardigste is die insluiting van vyf finaliste van Brewers Co-op, wat eers in Junie vanjaar begin is.
Dis die derde jaar dat dié kompetisie, wat deur Craft Beer South Africa en South African Breweries gehou word, aangebied word, en daar was 125 inskrywings.
Al die biere en siders word gereeld gebrou en is kommersieel beskikbaar. Die beoordelaarspaneel bestaan uit van die land se mees hooggeagte beoordelaars.
“Ons mikpunt is om professionele boetiekbrouers te beloon deur hul uitmuntende produkte die erkenning te gee wat dit verdien,” sê die SAB-hoofbrouer, Petr Vesely.
Die voorsitter van Craft Beer South Africa, Brian Stewart, sê soos die boetiekbiersektor groei, gee kompetisies soos hierdie geloofwaardigheid aan goeie produkte en die intellektuele eiendom wat net tot die voordeel van verbruikers sowel as produsente kan wees.
Pryse sluit kontant, grondstowwe en opleiding ter waarde van meer as R200 000 in.
Die wenners sal op 3 Desember 2015 by ’n prysgeleentheid aangekondig word, en GH sal daar wees!
Hier is die finaliste:
10 TOP-BOETIEKSIDERS
SIDER | BROUERY | BROUER |
Bitter Spring Cider | Brewers Co-op: HopHazard Brewing | Richard Andrew |
Dry Hopped Cider | Brewers Co-op: Little Wolf Brewery | Stefan Wiswedel |
Hibiscus Cider | Brewers Co-op: Little Wolf Brewery | Stefan Wiswedel |
Bowman’s Cider | Bridge Street Brewery | Lex Mitchell |
Everson’s Pear Cider | Everson’s Cider | William Everson |
Barrel 94 Oak-Aged Cider | Garagista Beer Co | Stephen Miller |
Brut Apple Cider | Garagista Beer Co | Stephen Miller |
Brut Pom Cider | Garagista Beer Co | Stephen Miller |
Perry | Windermere Cider | Tamsin Mullins |
Rooibos Wooded Cider | Windermere Cider | Tamsin Mullins |
10 TOP-BOETIEKBIERE
BIER | BROUERY | BROUER |
The Dogfather | Basset Breweries | Andy Turner |
Rambunctious Rye | Brewers Co-op: Hopping Frog Brewworks | Michael Howes |
The Red Brick Shit House | Brewers Co-op: Ukhamba Beerworx & HopHazard Brewing Collaboration | Lethukuthula Tshabangu & Richard Andrew |
CBC Pilsner | Cape Brewing Company | Alan Vermeulen |
Lager | Devil’s Peak Brewing Company | JC Steyn |
Green Room | Long Beach Brewery | Roger Burton |
Valve | Riot Beer | Marc Fourie |
Newton Nemesis | SMACK! Republic Brewing Co. | Grant York |
Striped Horse Lager | Striped Horse | Kowie Lotter |
Californicator | Woodstock Brewery | Murray Stephenson |
Besoek www.sabstories.co.za/beer-culture vir nog inligting.
The post SAB-boetiekbierkampioene appeared first on Goeie Huishouding.
Kyk uit na besonderhede op promosiebottels in Pick n Pay-takke landwyd.
Fish Hoek-wyne gebruik slegs hoëgehaltedruiwe van 100% enkeldruifvariëteite en laat die suiwer smaak die praatwerk doen. Die bekroonde reeks het ses variëteite, wat verseker dat daar ’n Fish Hoek-wyn vir elke smaak is. Die reeks is Fairtrade-gesertifiseerd. Jy kan dus goed voel wanneer jy hierdie wyne drink en weet ’n belegging vir opvoeding, sanitasie en gesondheidsorg in die plaasgemeenskap word as ’n prioriteit beskou.
BEPLAN VOORUIT: Vul nou jou voorraad van Fish Hoek-wyne vir die feestyd aan. Dis perfek vir buitelug-middagetes, skemer- kelkies, kuier-etes en alle partytjies en vierings.
BEPALINGS EN VOORWAARDES
Die bostaande aanbod geld slegs inwoners van Suid-Afrika. Laat asseblief vier tot ses weke toe vir die uitvoering van die bestelling wanneer jy op die gedrukte tydskrif inteken. Deur jou e-posadres en/of selfoonnommer te verskaf gee jy aan Goeie Huishouding toestemming om deur dié kanale met jou te kommunikeer. Antwoord “NEE” om dié korrespondensie te beëindig. Die aanbod is beperk tot 2 000 intekeninge. Die aanbod geld tot 31 Januarie 2016 of solank voorraad beskikbaar is.
The post Gratis 3-maande-intekening appeared first on Goeie Huishouding.
Uitkyk Chenin Blanc 2013, R70
GAAN GOED SAAM MET: Sterk gegeurde kosse soos kerrie, masala, breyani, Mediterreense en Thai-geregte. Dis ook heerlik saam met geroosterde vark, die brosgebraaide vetrandjie en appelsous, of lekker net so op sy eie.
PROBEER DIT MET GH SE RESEP: link texttarget=”_blank”>Kerriehoenderburgers met raita
Fleur du Cap Unfiltered Pinotage 2014, R135
GAAN GOED SAAM MET: Mediterreense geregte, ’n charcuterie-bord of tradisionele Kaaps-Maleise geregte (soos bobotie) en Indiese kerries.
PROBEER DIT MET GH SE RESEP: Luukse Mediterreense vy-en-hamslaai
Delheim Grand Reserve 2013, R285
GAAN GOED SAAM MET: Goed verouderde riboogsteak, stadig gaargemaakte lamsnek of eend, en wildesampioenrisotto.
PROBEER DIT MET GH SE RESEP: Geskroeide biefstuk met waatlemoen en kruisement
Le Bonheur 2015 Sauvignon Blanc, R70
GAAN GOED SAAM MET: Seekos, pluimvee of kaassouflés, of net so op sy eie.
PROBEER DIT MET GH SE RESEP: Dubbelgebakte soufflé met slaai
Robertson Light Sparkling Pinot Noir Rose 2015, R50
GAAN GOED SAAM MET: Spanspek en prosciutto of niçoise-slaai.
PROBEER DIT MET GH SE RESEP: Slaai met geroosterde vye in prosciutto-kombersies
The post Kos-en-wynkombinasies vir ’n Vrydagaand appeared first on Goeie Huishouding.
Kersfees is nie Kerfees sonder vrugtepasteitjies nie. Hierdie is so vinnig en maklik om te maak. Goeie Huishouding se kookkunsdirekteur, Meike Beck, wys jou hoe. Kyk gerus:
Hierdie artikel het oorspronklik op www.goodhousekeeping.co.uk verskyn.
The post Hoe om Kersfees-wielkoekies te maak appeared first on Goeie Huishouding.
Danksy ’n compote-en-konfytmaker, ’n rosyntjie-en-neuthouer en 26 verskillende brood- en deegmodusse was dit nog nooit so maklik of lekker om brood te bak nie. Hou jy van varsgebakte brood soggens? Al wat jy moet doen, is om jou keuse van bestanddele die vorige aand in die Panasonic SD-2051-broodmaker te plaas, die tydmeter te stel en te gaan slaap met die gedagte aan die heerlike geure wat jou die volgende oggend sal begroet.
Die Panasonic SD-2501-broodmaker is ook ‘n gesonde keuse aangesien dit glutenvrye opsies bied én dit maak ook smere om jou tuisgemaakte brood selfs nog lekkerder te maak.
Dit is maklik om te gebruik en skoon te maak met ‘n fantastiese bonus dat alles outomaties is.
The post Bak self vars, gesonde brood appeared first on Goeie Huishouding.